tussen-die-duine.blogspot.com
uitentuis: January 2014
http://tussen-die-duine.blogspot.com/2014_01_01_archive.html
Friday, January 31. Tyd om weer verskeie lande te besoek. Dis altyd so lekker om Global Village te besoek en mens moet mooi beplan tussen die warm en baie warm dae. Hierdie keer is dit heerlike "koeler" weer. Indie is eerste aan die beurt. Dit begin donker word as ons van die ander lande begin aandurf. Watter land dink julle ons kuier nou in met al die pastas? Op hierdie stadium het Charmaine 'n waentjie op wiele gekoop om al haar pakkies in te sit. Friday, January 31, 2014. Wednesday, January 22. Januar...
tussen-die-duine.blogspot.com
uitentuis: Wat vang Nelmari aan?
http://tussen-die-duine.blogspot.com/2014/08/wat-vang-nelmari-aan.html
Friday, August 15. Wat vang Nelmari aan? Net nou die dag toe sy weg is om te gaan swot, kan nie glo dis al ampertjies 3 jaar nie. Ek vir een is baie bly daar is iets soos sosiale netwerk, want dit beteken ons kan deel wees van alles en foto's sien . wat ons partykeer nie wil sien nie en ander wat ons wil sien :-). Dit was vir my baie snaaks toe sy vertel van die gimnastiek want ek kon haar net nie op 'n balk sien nie, maar hier is die bewyse . seker dit het met 'n groot poging en oefening gebeur :-).
tussen-die-duine.blogspot.com
uitentuis: August 2013
http://tussen-die-duine.blogspot.com/2013_08_01_archive.html
Saturday, August 31. Die begin van ‘n ongelooflike ervaring. Hoe deel mens 'n ongelooflike ervaring in een kort blog, tesame met honderde foto's natuurlik? Ek kon dit nie doen nie , dus sal julle maar in twee dele moet lees van wat ons alles beleef en ervaar het op ons besoek aan een van die villages rondom die meer. Ons bootman het later spesiaal vir ons nader aan die kus gaan vaar en kon ons van die verskillende villages sien wat reg langs die meer gebou is. Orals was daar opgewondenheid met die si...
tussen-die-duine.blogspot.com
uitentuis: Lara terug in die dorp
http://tussen-die-duine.blogspot.com/2014/08/lara-terug-in-die-dorp.html
Sunday, August 10. Lara terug in die dorp. Alhoewel ons lekker vakansie gehou het en die toer na die Bybellande geniet het, het ek baie uitgesien na die kinders se terugwees in die woestyn en ja veral vir Lara :-). Daar was maar die minimum foto's in die 6 weke wat hulle weg was, en ek het uitgesien om te sien en hoor wat sy nou bygeleer het. En daar is baie nuwe woordjies en dinge om te se terwyl die vingertjie wys wat sy bedoel. Tannie Elriza het 'n geskenkie gekoop en sy en Leane het omtrent gesukkel ...
tussen-die-duine.blogspot.com
uitentuis: William se "time capsule"
http://tussen-die-duine.blogspot.com/2014/07/william-se-time-capsule.html
Monday, August 25. William se "time capsule". Vyftien jaar later . As 11 jarige het William en sy klas vir hulle 'n timecapsule gemaak en goed daara ingebere wat vir elkeen van hulle op daardie stadium belangrik was. Groot opgewondenheid toe dit tussen sy speelgoed ontdek is. Die blik het nie eers genoeg spasie vir sy naam gehad nie, en hy het toe sommer om die hoek geskryf ;-). Tipies William is elke dingetjie versigtig een-vir-een uitgehaal en bekyk. 'n Klomp lee gunsteling stokkielekker papiere! Dit i...
tussen-die-duine.blogspot.com
uitentuis: June 2013
http://tussen-die-duine.blogspot.com/2013_06_01_archive.html
Saturday, June 29. Ek het so lanklaas op die blog gekuier dat ek nie eers weet of enigeen nog hier lees nie :-), maar 'n spesiale geleentheid soos die is altyd 'n goeie rede om weer te kom blog. Klein Lara Mare en klein Carli se inseen . En watter spesiale aand was dit nie. Twee spesiale klein dogtertjies, twee nuwe mammas, twee nuwe pappas en hulle vriende. Carli was eerste aan die beurt en die klein wakker dogtertjie het mooi geluister hoe mamma en papa belowe om haar vir liewe Jesus groot te maak.
tussen-die-duine.blogspot.com
uitentuis: July 2014
http://tussen-die-duine.blogspot.com/2014_07_01_archive.html
Thursday, July 31. Aan alles moet daar 'n einde kom. Aan alle goeie dinge kom ook 'n einde, en dis tyd om terug te ry Amman toe om die volgende dag terug te vlieg, maar eers . N Besoek aan Mount Nebo. Dis nogals 'n steil bult van 1000m onder seevlak reg op tot 1000 m bo seevlak en die omgewing verander om elke draai. N Bietjie bekendheid van waar ons vandaan kom, 'n troppie kamele. Mount Nebo waarvan ons lees in Deut 32:48-50. In die "museum" is ook heelwat van die opgrawings en mosiaek werk. Ook 'n beso...
tussen-die-duine.blogspot.com
uitentuis: September 2013
http://tussen-die-duine.blogspot.com/2013_09_01_archive.html
Thursday, September 12. Mooi klein dorpie met groot herinneringe. Dit het begin met William neem gou-gou vir my 'n foto van die teels asb. Ek wou 'n foto of twee van Gordensbaai opsit, maar terwyl ek opsoek na die "geskiedenis" is, het ek in my eie geskiedenis weggeraak. Die ontwikkeling het die baaitjie nie teveel verander nie. Vandat ek kan onthou, was die strand/baaitjie die plek waar die familie aan beide kante uitgehang het. Jip ek is op die foto . enige een wat 'n raai wil vat watter een? In die ha...
tussen-die-duine.blogspot.com
uitentuis: Kindertyd en speelgoed
http://tussen-die-duine.blogspot.com/2014/08/kindertyd-en-speelgoed.html
Monday, August 18. Hoe ver kan mens terugdink en onthou wat was jou gunsteling speelgoed toe jy klein was? Snaaks genoeg ek ontmoet my hondjies waarmee ek in die bad gespeel het, en dan onthou ek my regte troeteldiere, en my boeke en hoe ek graag lego gespeel het . ander speelgoed is vaag. Maar ek onthou hoe ons as kinders op ons fietse rondgery het, den's en foefieslide gebou het, paddavissies gevang het en sommer net allerhande ander speletjies buite. Monday, August 18, 2014. As hulle jonger is wens me...